LIGDRAER PROJEK

5 – 10 Mei 2025

Tydens die Ligdraer projek stap Hendrik en Johan Keyser ‘n week lank om geld in te samel vir ons gemeenskap.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Help met die behoeftebepaling bv. skakeling met ouetehuise, kinderhuise ens.
  • Bemarking van die projek
  • Help met die organisering van die 5 km stapdag vir die gemeente

Koördineerder: Kommissie

PROJEK WINTERHOOP

Projek Winterhoop vind elke jaar in die wintermaande plaas waartydens ‘n behoeftebepaling gedoen word om komberse, jasse, serpe, musse, warm onderklere ens. aan behoeftiges in die gemeenskap uit te deel. Die projek is in samewerking met ander gemeentes in die dorp.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Help met die behoeftebepaling bv. skakeling met skole ens.
  • Help met die aankoop en uitdeel van items

Koördineerder: Karin Strydom  084 653 0050

WITSAKPROJEK

317090165_10159073650343963_6830385680520183044_n

Die witsakprojek vind elke jaar in November plaas. Witsakke, met kos in, word ingesamel vir behoeftige gesinne by Trichardtdam, asook vir House of Mercy en welsynsorganisasies in die dorp.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Help met die uitdeel van sakke in November

Koördineerder: Kommissie

HOUSE OF MERCY

House of Mercy is ‘n NGO wat dienste lewer aan Dementia- en Kankerpasiënte.  Daar is twee huise.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Ons wil graag dienste/programme op maandelikse basis lewer

Koördineerder: Karin Strydom  084 653 0050

GEMEENTELEDE & GESINNE IN NOOD

Daar word maandeliks kos voorsien vir gesinne in nood.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Help met aankope van kruideniersware

Koördineerder: Antoinette Coetzee 082 388 0084

VAARDIGHEIDS PROJEK

Die aanbied van o.a. hekel- en brei groepe om mense die geleentheid te gee om te leer en lekker saam te kuier.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Kom leer vaardighede vir belangstellendes 

Koördineerder: Antoinette Coetzee 0823880084

UITREIK NA GESINNE MET VERLIES EN SIEKTE

Besoek en bemoedig gesinne met verlies en siekte.

Hoe kan ek betrokke raak?

  • Skakel die koördineerder
  • Help met uitreik deur blommetjie/ kos te vat na die gesinne.

Koördineerder: Antoinette Coetzee 0823880084

Kerkkantoor 081 810 8159