Sending
Abadobi Babantu Mission (Adullam Mission)
Abadobo Babantu Mission is ‘n nie-winsgewende organisasie naby Evander, Mpumalanga, wat gestig is in 2004. Hulle doel is om emosionele, geestelike en fisiese hulp te verleen aan voorheen benadeeldes in ons omgewing, veral aan jongmense.
Theron familie
Thys en Antonette woon in Belarus sedert 1994. Hulle huis is geleë op die grond van ’n militêre basis buite die dorpie Kuplin. Hulle boer met skape, varke, plant koring en gars, tap Berke-sap en verskaf veevoer aan ander boere. Die seuns, Mats en John-Louis, studeer by UP en Rozani is besig met haar finale skooljaar.
Daar word talle mede christene gehuisves en berading word gedoen waar nodig. Thys en Antonette tree gereeld op by kampe en konferensies.
Lauretti's
Na 17 jaar se sendingwerk in Papua New Guinea is die Lauretti’s terug in Suid Afrika.
Hulle woon tans op Abodobo Babantu Mission (Addullam) waar Lourens as plaasbestuurder toesig hou oor die plaas se daaglikse aktiwiteite en instandhouding. Marie is besig met opleiding om die sendingplaas se sekretaresse te wees.
WELKOM TERUG!